As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Nederduitse Gereformeerde Kerk

Lichtenburg

Daniel Konferensie Junie 2012

Daniël was ‘n man van God van sy tienerjare tot op sy oudag. Hy is vir ons vandag die voorbeeld van hoe ’n man van God moet voor loop in al die fasette van sy lewe.  

Manne van die Woord wat val voor God in sondebelydenis en afhanklikheid - dit is waaroor die Danielkonferenise gaan.  Johan Claassen het op 'n vars manier ons herinner aan die huwelik as verbond,  waarin die Here God 'n groot rol speel.  Daarom is die bewaring van ons huwelike en die verhouding met ons vrouens en kinders so belangrik.  Braam Grobbelaar het ons oa herinner om dinge wat verhoudings skade aandoen en dinge wat tussen ons en die Here kom staan,  af te breek,  dit te bely, vergifnis te ontvang en daarsonder voort te gaan.  Tussendeur het ons die Here saam met die Lofprysingspan gedien,  gebid - alleen en vir mekaar.   Die besef van God se liefde en vergifnis,  Sy bedoeling vir ons huwelike en gesinne,  die ondersteuning aan mekaar, het ons met nuwe moed en voornemens daar laat uitstap.   

Soek

wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable