As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Nederduitse Gereformeerde Kerk

Lichtenburg

Noordwes Uitreik 2012

5-8 Augustus 2012 

Multi-Ministries inisieer jaarliks hierdie uitreik.  Klipkerk was vir die sewende jaar die gasheer van hierdie uitreik.  Vanaf Sondagoggend tot Woensdagaand is die evangelie op verskeie plekke gebring in Lichtenburg, Coligny, Biesiesvlei en Sannieshof (kerkgeboue, tente in informele woongebiede).  Die boodksap was verkondig tydens oggenderedienste, aanddienste, tentdienste, jeug groepe, deur-tot-deur besoeke, skole, klinieke.  In Klipkerk was daar ook 2 oggendseminare oor voorvaderaanbidding en Zioniste beweging.  Vir die eerste keer is 'n middag-uur byeenkoms gehou en 'n verassende 60 mense het opgedaag! 

Die Belydenisklas het 4 Augustus die Uitreik afgeskop deur pannekoek uit te deel met boodskap "Jesus is lief vir jou".  Dankie aan die vrouelidmate wat gebak het. Sien foto's hieronder.

Baie dankie aan ons eie gemeentelede, buurgemeentes, Multiministries, Amerikaners, Neu-Zeelanders en Kanadese wat hande gevat het om ver oor die 4000 mense onder die klank van die Evangelie te bring.  Ongeveer 500 mense het 'n oorgawe gemaak.  Dis net ons GOD wat hierdie dinge kan bewerkstellig.  

Die buitelanders het met die terugvoerdiens hulle belewenisse gedeel en getuig hoe die uitreike hul lewens aangeraak het:  armoede, ontvanklikheid, om uit hul comfort-zone's te beweeg.

Lukas (een van ons sendelinge) vertel dat hy en John Jones (NieuZeeland) by die skool opdaag.  Die hoof sê in Tswana hy gaan nie die man van God toelaat om te praat nie.  Lukas besluit om nie korrek te vertaal nie en sê vir John die hoof sê hulle tref net reëlings agter dat John kan praat.  Intussen bid hy en vra die Here om die hoof tot ander insigte te bring.  Gou hierna kom die hoof terug en sê John kan nou met die kinders praat.  Die Here laat Sy Evangelie nie stuit nie!!

Onder is foto's van die Terugvoerdiens op 8 Augustus.

 

 

 

 

Soek

wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable