As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Nederduitse Gereformeerde Kerk

Lichtenburg

Lentefees 2012

 

31 Aug en 1 September 2012 : KLIPKERK LENTEFEES

Die almanak sê wel 14 Sept, maar agv 'n groot skoolbedrywigheid moes ons aanpas om te sorg dat JY daar kan wees!

En jy was daar!   Ten spyte van 6 ander groot aksies in ons kleine plattelandse dorpie, het die Here vir ons ongelooflik geseën met Sy guns.

BAIE DANKIE vir harde harde werk vooraf en tydens hierdie naweek.  BAIE dankie vir 'n mooi gesindheid, saam lag, saam geniet terwyl ons saam werk.  Dit is wanneer mens 'n dag soos hierdie aan die Vader opdra, dat Hy saam met die koinonia (saamwees) ook voorsien in die fondse. 

Aan ons Koning AL DIE EER!!!

 

Die beplanning vooraf:  Ons wou anders doen as die gewone.  Uit 'n geweldige langs lys van "kan-ons-nie-dit-doen-nie",  moes 'n keuse gemaak word van dit wat ons reken ons die meeste gaan geniet.  Maar selfs dit het nie alles gerealiseer nie.  Ten spyte van goeie beplanning en reelings wou die munisipaliteit nie die donkies deur die dorp laat loop tot by die kerk nie.  Op daardie laat stadium kon ons nie 'n horse-box reël nie.  Die bul vir die bull-rides het nie kans gesien vir die Lichtenburgers nie en het 'n stille dood gesterf op pad hierheen (Stukkend hier gearriveer).  Tot teleurstelling van menige jongman wat spiere wou wys.  Maar die res was hier!!

 

Kom ons begin by Vrydagaand: ‘n lekker informele bymekaarkom om na ons dorp se talent te kyk. ‘n Geleentheid waar jong kunstenaars dalk vir die eerste keer of vir die soveelste keer, die trappe kon bestyg. Ons was dit nie kan doen nie, beownder elkeen van julle, ook dat julle jul talente met ons kom deel het. Baie geluk aan elkeen van julle, ook ons 3 wenners.

 

Saterdag:

Motorfietsritte, perderitte, driebeen resies, klim-muur ('n hoë een!!), kettie en skyfskiet, eiervang, noem maar op!

Ons eie Klipkerk kunsmark met skilderye (ons eie lidmate se skeppings!!), ander kunstige handewerk, tuisgemaakte houtspeelgoed, ons eie regte egte "China Mall" en die stokkies produkte was splinternuut die jaar, met 'n wonderlik opbrengs vir die totale som!!  Dankie almal.

Ons vleistafel het weereens die meeste bygedra, baie dankbaar daarvoor.   Daarna ook ons plaasstal.  Dankie boere!! 

Natuurlik is die kos die vuller so tussen al die speel en kyk en koop deur.  Kerrie en Rys, pannekoek,  hamburgers, poeding en ontspan in die teetuin.  Eet 'n bordjie afval of pap en kaiings of rib-hamburger!  Tuisgebakte brood, gemmerbier, ham, gebottelde produkte, hoenderbraai.

Dit is slegs voorbeelde uit die volle pakket.

 As die Bybel se liggaams-model ooit sigbaar moet wees, is dit tydens ons LENTEFEES.

Kom ons geniet saam, dink saam, beplan saam...  want dis LEKKER vir kinders van die Here!

 

 

Kliek hier vir die foto's van die Kunsmark/Handewerk/ChinaMall aankope.

Kliek hier vir die Reklame-foto's tydens eredienste en die vleiswerkery vooraf

Kliek hier vir die Talentaand foto's van 31 Augustus

Kliek hier vir die Lentefees foto's van 1 September. 

 

Liewe lidmaat, is jy saam opgewonde oor ons gemeente en oor die Vader se guns oor ons nie.  2 September tydens die oggenddiens het ons ook gehoor hoe die Vader lidmate se beursies en harte oopgemaak het, en dat dit beter gaan met ons finansies.   Ons het hierdie dankbaarheidsgevoel so nodig, ons het mekaar so nodig, ons het God so nodig.

Soek

wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable