As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Nederduitse Gereformeerde Kerk

Lichtenburg

Belydenis van Geloof Okt 2012

21 Oktober 2012 :  "Ja Here, ek erken dat U my Verlosser is, ek beloof dat ek vrug sal dra en betrokke sal wees in my gemeente, ek onderwerp my aan die gesag van die Woord en medegelowiges..."

9 jongmense wat op hierdie dag alleen voor God en sy gemeente staan en verantwoordelikheid oorneem van hul eie geestelike stand.  Tydens die erediens het ds Anthonie die volgende gesê:

"Ouers, tot en met vandag was dit julle verantwoordelikheid (volgens die doopbelofte wat jul afgelê het) om toe te sien dat jou kind hoor van God as verlosser.  Dit was jul verantwoordelikheid om as voorbeeld te wys hoe 'n volgeling van Jesus leef.  Dankie vir jou insette.  VANDAG skuif hierdie verantwoordelikheid oor na jou kind self."  Kliek hier om die volledige boodskap te lees.

Daarna moes die ouers hul kinders "geestelik" groet en gaan sit.  Die 9 jongmense het toe nie net gereageer op die beloftes van God nie. maar ook hul name gehang op die simboliese "deur" van die ewige lewe. 

Soek

wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable