As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Nederduitse Gereformeerde Kerk

Lichtenburg

CHRISTUSFEES 2013

 

Wonder jy ook hoekom kersfees altyd die aandag kry en Paasfees gaan ongesiens verby? Dit terwyl Paasfees eintlik die Jesus-kinders se groot FEES is! DAAROM het Klipkerk en Lig en Lewe SAAM die Paasnaweek die        INTERKERKLIKE CHRISTUSFEES           aangebied vir alle Jesus-kinders wat nie weg is met vakansie nie.

  

28 Maart het ons Nagmaal gevier by NG Lig-en-Lewe, met nadenke aan die grootste offer ooit wat Jesus vir ons aan die kruis gebring het.

29 Maart het ons ‘n Bybelse ete in die Leon Bantjies saal. Die oorspronklikheid van ons gasvrouens met die tafeldekkery, was om van lekker te kry.  Elke tafel so uniek.  Met 21 tafels was ons bykans R180 mense bymekaar.  Heerlik gekuier, ge-eet en na gaskunstenaar Rudie Muller se sang geluister.  

30 Maart het ons die strate ingevaar.  Ons “optog” met die donkie, musiekspan op sleepwaentjie en singende skare in Bybelse klere, het aandag getrek.  Terwyl ons sing het ons palmtakke gewaai en traktaatjies en kruisies uitgedeel.  Daarna het ons ge-piekniek op die gras.

31 Maart om 6:00, met sonsopkoms, sing en juig ons saam dat ons Verlosser LEEF! Hy het die dood oorwin, Hy het hoop gebring in die wêreld. 

9:30 Sondag: die Opstandingsdiens in Klipkerk.

 

Foto's van al die gebeure hieronder:

Bybelse ete:

Optog deur strate en piekniek op die plein daarna:


Vroeë oggend biduur op Opstandingsondag.

Nootlegging na Oggenddiens, ten bate van NG Welsyn en Christelike Lektuurfonds


 

flyer of_adv

 

 

 

 

 

Soek

wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable