As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Nederduitse Gereformeerde Kerk

Lichtenburg

KONINKRYKSFOKUS IMPAKFEES 2014

KONINKRYKSFOKUS IMPAKFEES 2014

Die jaarlikse Koninkryksfokus Impakfees het plaasgevind vanaf 27 Februarie tot 3 Maart 2014. Die sendelinge wat beskikbaar was, het Donderdagmiddag aangekom om 'n ligte middagete by die kerk te geniet. Donderdagaand is hulle by verskillende Omgeegroepe ingedeel, waar hulle saam gekuier en meer van hulle onderskeie bedienings vertel het. Dit was lekker en insiggewend om eerstehands te hoor van hulle ervaringe in die veld, hulle vreugdes en gebedsversoeke.

Vrydagoggend is die sendelinge getrakteer met 'n uitstappie na die Leeuplaas, wat almal geweldig baie geniet het. Vrydagaand was daar heerlik by die kerk gekuier tydens 'n Bring- en braai geleentheid saam met die gemeente.

Saterdag was die gebruiklike ontlontingsgeleentheid, waartydens die sendelinge meer intensief kon gesels oor hulle spesifieke probleme, gevoelens, vreugdes en bekommernisse.

Sondagoggend het die sendelinge die oggenddiens in die Klipkerk bygewoon, gelei deur Ds Anthonie Welman. Daarna was daar weer saam met die gemeente gekuier was tydens 'n heerlike spitbraai. Sondagaand se aanddiens is ook deur die sendelinge bygewoon.

Maandagoggend was daar van die sendelinge afskeid geneem met 'n nagmaalsgeleentheid. Almal is dit eens dat die paar dae 'n groot sukses was, en ons sendelinge is weggestuur met nuwe krag en moed vir hulle werk.

Daar is hard gewerk agter die skerms om alles glad te laat verloop. Baie dankie aan elkeen wat op een of ander wyse bygedra het tot die sukses van die fees.

Soek

wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable