Argief Vorige Preke Leef liefde
Leef liefde PDF Print

 

Oggenddiens 29 Julie 2012

Ds Dirk Coetzee

1 Joh 4:7-20

Leef Liefde!

 

INLEIDING

 

‘n Bekende preekwoord – Liefde is die enigste taal wat almal verstaan!

 

Verhaal van onselfsugtige liefde (Uit Stories vir die lewe: Lux Verbi: 2002, p.174)

Steve ‘n stil, skaam seuntjie, het verhuis. Eendag kom hy na skool by die huis aan en sê: “Weet Mamma wat? Een van die dae is dit Valentynsdag, en ek wil vir elkeen in my klas ‘n kaartjie maak. Ek wil hê hulle moet weet ek is lief vir hulle.”

Sy ma se hart het in haar skoene gesak en sy het gedink: Ek wens hy wil liewer nie. Elke middag het sy gesien hoe kom die kinders van die skool af: Almal lag en hang aan mekaar, maar Steve kom altyd alleen agterna.

Sy het egter nie kans gesien om hom te keer nie, daarom het hulle gom en papier en kryte gaan koop, en drie weke lank het Steve met groot moeite 35 Valentynskaartjies gemaak. Op 14 Februarie was hy verskriklik opgewonde. Hy het die kaartjies onder sy arm vasgeknyp en skool toe gehardloop.

Dit gaan ‘n harde dag vir Steve wees, het sy ma gedink. Ek sal maar koekies bak om hom mee op te beur wanneer hy van die skool af kom. Hopelik help dit vir die hartseer, want hy gaan tog nie ‘n Valentynskaartjie kry nie.

Daardie middag toe sy deur die venster kyk, sien sy hoe die kinders van die skool af kom, aan die lag en gesels soos altyd – elkeen met Valentynskaartjies in die hand. En daar was Steve: Hy was nog steeds alleen en heel agter, maar hy het vinniger as gewoonlik geloop. “Sies tog, hy wil seker in trane uitbars,” het sy gedink. Sy hande was leeg. Hy het nie ‘n enkele kaartjie gekry nie.

Toe hy by die huis kom, het sy hele gesiggie gelewe en sy ogies het geblink. Hy het nie eens sy ma se koekies raakgesien nie. “Mamma, wat ‘n fantastiese dag! Om te dink, al die kinders in my klas weet nou hoe lief is ek vir hulle!”

 

“Die enigste vorm van suiwer liefde is die wat niks terugverwag nie.”                                                                                                               (Augustinus)

 

Inhoud:

Johannes die liefling-dissipel van Jesus praat hier oor die LIEFDE wat geleef moet word! = Tema vir vandag: Leef LIEFDE ---- deur die Kruis van Jesus Christus!

Die Griekse taal (oorspronklike taal van die Nuwe Testament) het drie betekenisse vir die woord LIEFDE.

Eros-liefde (Romantiese ) Seksuele

Selfsugtige- liefde (self-liefde)

  • Gaan altyd oor die self en die bevrediging van die passies van die self.
  • Selfsugtige liefde --- het aardse besittings en sien jou broer gebrek ly, met geen gevoel vir hom nie. (1 Joh. 3:17)
  • Wêreldse liefde -- alles wat die sondige mens begeer, gesteldheid op besit (1 Joh. 2:16)

    Agape-Liefde (deur die kruis van Jesus Christus – VERTIKALE BALK)

    • God is LIEFDE (1 Joh. 4:8)
    • Opofferende liefde – God die Vader offer Sy Seun op (Joh. 3:16)
    • Kom nie vanuit jouself nie --- maar dit kom van God Homself af
    • Veroorsaak selfopofferende liefde – Jesus lê Sy lewe af (1 Joh. 3:16)
    • Agape – liefde = Liefde van dade = aksie of gebeure --- praktyk
    • Agape-Liefde veroorsaak dat ‘n gelowige die fileo-liefde doen = Om mekaar lief te hê (1 Joh. 3:11b).
    • Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is ‘n kind van God; en elkeen wat vir die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is.” (1 Joh. 5:1)

    Fileo-liefde (a.g.v die kruis van Jesus Christus – HORISONTALE BALK)

    • Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit (Rom. 13:8)
    • Aan julle liefde sal mense sien dat julle My dissipels is (Joh. 13:35)
    • Om jou naaste lief te hê soos jouself – Barmhartige Samaritaan (Luk. 10:27-37)
    • Fileo-Liefde is Doen-liefde, nie net praat nie. “Liewe kinders, ons liefde moenie net lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.” (1 Joh. 3:18)

     

    SLOT

     

    Liefde in PRAKTYK

    • Gee sonder om iets terug te verwag (Steve in storie met Valentynskaartjies)
    • Ware liefde – Hart te hê soos ‘n Taxi (altyd plek vir nog een)
    • Nabyheids-liefde (altyd daar vir ander, naby – nie op ‘n afstand nie)
    • Word gedemonstreer (Jesus aan die Kruis op Golgota) – God besluit en Jesus doen dit
    • Gegrond op gelowiges se persoonlike lewende verhouding met God
    • Liedes-koppie kan net soveel gee, as wat dit ontvang (TYD met God is NB)
    • Tyd met God bou gelowiges se liefdesverhouding met Hom en so leer ons Sy hart vir mense en doen ons dan ook daardie liefde teenoor ons naaste.
    • Martin Luther: “God is nader aan my as die hemp wat ek aan het”
    • Fileo-liefde – Grieks beteken --- Om mekaar met respek te behandel. Respek vorm dus die basis van Christelike liefde!
    • Bybel leer ons: “Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, MAAR EK HET NIE LIEFDE NIE, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, MAAR EK HET GEEN LIEFDE NIE, DAN IS EK NIKS. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, MAAR EK HET GEEN LIEFDE NIE, baat dit my niks.” (1 Kor. 13:1-3)

     

    Maak 'n Aanmerking

    Hierdie is 'n familie webtuiste.
    Die volgende sal nie geduld word nie :
    -> Geen kru taal
    -> Geen ongeskiktheid of haatspraak.
    -> Geen politieke aanmerkings.
    -> Geen Advertensies.
    Alle aanmerkings sal eers nagegaan word voor dit op die blad verskyn.


    Sekuriteitskode
    Verfris

    Soek




    designed and hosted by LBM COMPUTER SERVICES

    Powered by Joomla!. Designed by: free joomla templates VPS hosting Valid XHTML and CSS.