As per government instruction all websites operating .zaDNA top level domain name must have a landing page with a visible link to the "COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal" Please click here to access www.sacoronavirus.co.za.

Nederduitse Gereformeerde Kerk

Lichtenburg

Gebedsbediening


foto2   Ouderling: Gebedsbediening
   Anna-Marie Nel
   Tel: 072 391 7771

   anna-marie@jonkerv.co.za

 

 

 

 

 Matt 18: 19-20

"AS twee van julle saamstem oor enige saak wat swaar op julle hart lê en julle gaan praat met my hemelse Vader daaroor, sal julle gebed verhoor word...  Onthou: Ek is altyd by julle, selfs daar waar net twee of drie van julle in my Naam bymekaarkom om te bid."

 

Wat is gebed?

Praat met God, omdat jy in 'n verhouding met Hom staan! 

Jy praat daagliks met mense met wie jy 'n verhouding het, net so is dit normaal om tyd te maak om met jou God te gesels!

Leer bid deur te begin bid!

 

Waar/Hoe bid ons saam?

 

Gemeentebiduur Maandae 17:15 in die kerkgebou

Ons bid vir gemeentesake en gemeenteversoeke, vir sendinge en uitreike in ons dorp, ons land, ons wêreld. Geen gemeente kan dit bekostig om nie 'n vaste gebedsbyeenkoms vir die gemeente te hê nie.

 

Gebedsdrielinge

Een individu nooi twee ander om een keer 'n week saam te bid. 'n Skolier kan twee ander maats nader om in een pouse 'n week saam te bid.  Dieselfde geld vir sakemanne of huisvrouens. Onderlinge vertroue en omgee vir mekaar word gekweek, terwyl hulle ook ander mense of sake bedien deur gebed. 

Gebedsnetwerk

Ervaar jy nood, trauma, siekte of 'n krisis?  Kontak vir Yvonne, wat dan op haar beurt hierdie netwerk aktiveer.  Bidders wat Maandae saamkom, gebedsdrielingbidders en ander voorbidders maak deel uit van hierdie netwerk. 

 Gebed vir eredienste en predikers

Omgeegroepe is ingedeel tot hierdie diens en bid elke Sondagoggend 8:30 saam in die gebedskamer. 

Gebedsbulletin in Weeknuus

Op hierdie wyse stem ons saam tot gebed wanneer ons op ons eie bid.
Kliek hier vir die mees onlangse Gebedsbulletin 

Ons bid ook saam vir spesiale gebeure in ons gemeente

Koninkryksfokus, Fees-geleenthede

Week van Gebed in Januarie-maande

Projekte soos 40 of 21 dae van vas en gebed

Halfnag, dae en naweke van gebed 

 

Alhoewel God ons saamroep tot gebed, wil Hy ook hê ons moet alleen met hom praat en as gesinne met hom praat.  Moenie nalaat om hierdie spesiale gesprekke (jy en Hy) met Jesus te hê nie, en moedig jou gesin aan (indien van toepassing) om dieselfde te doen.

 

Ons moedig ons gemeentelede aan om deel te wees van 'n 24 uur gebedswag:

Om minstens 'n uur per dag individueel, en een uur per week saam met ander, met God te praat.

Wil jy iewers spesifiek deelneem aan bogenoemde?

Kontak asb vir Yvonne!

 

 

 

 

 

 

 

 

Gesinsbediening

_C0A0001Jannie Dry

Tel:  018 632 0111

Selnr:  082 571 3779

 

"... ek en my huis, ons sal die Here dien."

                         Jos 24:15 

 

 gesin1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

gesin2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

gesin3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Jeugbediening

 

FOTO NR 5

Diaken: Kategese
Chris van Aswegen
Tel: 082 616 3250

cvanaswegen@sepcem.co.za

FOTO NR 6

Diaken: Klippiekerk
Elize Pieters
Tel: 082 583 7007

elizep@jonkerv.co.za

Hansie van Wyk

Diaken: Hoërskool
Hansie van Wyk
Tel: 081 406 8080

nadi@xsinet.co.za

Ja, Ek is 'n Uitverkorene van God

Waar kom die Jeug reeds bymekaar?
Kleuterbediening:  Sondae 9:30 in die Klein Grootlokaal. 
Klippies (laerskoolkinders): Sondae 9:30 in die Grootlokaal. 

Tienerdienste: Sondae 09:30 soos aangedui op die kalender tydens oggenddienste in die kerkgebou.

Kategese: Sondagoggende om 10:50 tot 11:30

Wat gebeur reeds?
Ons is besig om ons vere reg te skud, ons vat hande, en ons bid, want...
Ons is nuuskierig en opgewonde besig met die Here
Ons wil hoor watter exiting goed God wil hê ons moet doen.




 

Mannebediening

Huidiglik vakant

Tel

 

 

 

Omgeegroepe

FOTO MICHAEL

Ouderling: Omgeegroepe
Michael van Rooyen
Tel: 082 490 1755

michael@nwk.co.za

 

 

Diaken: Omgeegroepe

Vakant

 

 

Omgeegroep :  Mense wat saam gesels, saam bid, saam worstel en mekaar versorg!!

Tans is daar 13 omgeegroepe in ons gemeente en hierdie groepe en individue is diensbaar op verskeie plekke in ons gemeente.

Die omgeegroepe vergader een keer per week en hanteer besprekings en onderwerpe volgens hulle keuse.  Elke omgeegroep staan onder toesig en leiding van 'n Herderleier. Die Herderleiers vergader van tyd tot tyd met die leraars vir leiding en riglyne.

 

Ons is oortuig daarvan dat Omgeegroepe God se plan vir kerk-herstel en kerk-groei is.  Veral in 'n tyd as 'n gemeente moedeloos wil raak.  Die Here is wêreldwyd besig om Sy kerk op te rig en te herorganiseer in kleiner eenhede of groepe.  Dink dis omdat Hy weet dat mense 'n "cozy" omgewing nodig het om geestelik te groei en omgee te kan ervaar.  Binne omgeegroepe word mense aangemoedig om die gebod van die liefde uit te leef en om "die goeie stryd te stry" tot by die wenpaal!   Ons is mos vir mekaar aanspreeklik. 

 

Ons besef ook dat die sukses van die omgeegroep bediening baie min met onsself te doen het.  Dit is God wat ons bekragtig en gebruik om sy plan uit te voer. 

Dit is ons wens dat daar sommer splinternuwe opgewondenheid en lewe sal ontspring in ons gemeente se omgeegroepe.  Nou... ons weet mos eintlik dat dit begin in die individu se lewe, maar veral ook by die leier (herderleier).  As God 'n visie vir geestelike groei in jou hart geplant het, wil ons jou help en toerus om 'n effektiewe leier te word.  Wees gehoorsaam en bly oop vir die Heilige Gees sodat God jou kan gebruik.

 

Indien jy graag deel wil word van 'n omgeegroep, of enige ander navraag het rondom omgeegroepe, kontak asb vir Ertjies. 

 

Soek

wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable
wide-formidable