Gebedsbediening


foto2   Ouderling: Gebedsbediening
   Anna-Marie Nel
   Tel: 072 391 7771

   anna-marie@jonkerv.co.za

 

 

 

 

 Matt 18: 19-20

"AS twee van julle saamstem oor enige saak wat swaar op julle hart lê en julle gaan praat met my hemelse Vader daaroor, sal julle gebed verhoor word...  Onthou: Ek is altyd by julle, selfs daar waar net twee of drie van julle in my Naam bymekaarkom om te bid."

 

Wat is gebed?

Praat met God, omdat jy in 'n verhouding met Hom staan! 

Jy praat daagliks met mense met wie jy 'n verhouding het, net so is dit normaal om tyd te maak om met jou God te gesels!

Leer bid deur te begin bid!

 

Waar/Hoe bid ons saam?

 

Gemeentebiduur Maandae 17:15 in die kerkgebou

Ons bid vir gemeentesake en gemeenteversoeke, vir sendinge en uitreike in ons dorp, ons land, ons wêreld. Geen gemeente kan dit bekostig om nie 'n vaste gebedsbyeenkoms vir die gemeente te hê nie.

 

Gebedsdrielinge

Een individu nooi twee ander om een keer 'n week saam te bid. 'n Skolier kan twee ander maats nader om in een pouse 'n week saam te bid.  Dieselfde geld vir sakemanne of huisvrouens. Onderlinge vertroue en omgee vir mekaar word gekweek, terwyl hulle ook ander mense of sake bedien deur gebed. 

Gebedsnetwerk

Ervaar jy nood, trauma, siekte of 'n krisis?  Kontak vir Yvonne, wat dan op haar beurt hierdie netwerk aktiveer.  Bidders wat Maandae saamkom, gebedsdrielingbidders en ander voorbidders maak deel uit van hierdie netwerk. 

 Gebed vir eredienste en predikers

Omgeegroepe is ingedeel tot hierdie diens en bid elke Sondagoggend 8:30 saam in die gebedskamer. 

Gebedsbulletin in Weeknuus

Op hierdie wyse stem ons saam tot gebed wanneer ons op ons eie bid.
Kliek hier vir die mees onlangse Gebedsbulletin 

Ons bid ook saam vir spesiale gebeure in ons gemeente

Koninkryksfokus, Fees-geleenthede

Week van Gebed in Januarie-maande

Projekte soos 40 of 21 dae van vas en gebed

Halfnag, dae en naweke van gebed 

 

Alhoewel God ons saamroep tot gebed, wil Hy ook hê ons moet alleen met hom praat en as gesinne met hom praat.  Moenie nalaat om hierdie spesiale gesprekke (jy en Hy) met Jesus te hê nie, en moedig jou gesin aan (indien van toepassing) om dieselfde te doen.

 

Ons moedig ons gemeentelede aan om deel te wees van 'n 24 uur gebedswag:

Om minstens 'n uur per dag individueel, en een uur per week saam met ander, met God te praat.

Wil jy iewers spesifiek deelneem aan bogenoemde?

Kontak asb vir Yvonne!